DOEP IS NIE DOOD NIE is ’n eenman-aanbieding met teks- en musiekgrepe oor die lewensbeskouing en werk van Koos du Plessis. Koos is in Januarie 1984 op jeugdige leeftyd oorlede, maar sy nalatenskap bly ’n bron van wysheid en onsterflike musiek. Dertig jaar na sy afsterwe word dit in hierdie verhoogproduksie duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds bly, hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef.. Die samesteller en regisseur, Carl Theunissen, was as joernalis ’n jarelange vriend en kollega van Koos Doep. Verwerkings deur Clinton Zerf and Jannie du Toit met Susan Mouton op tjello en Coenraad Rall op klavier.

17 Januarie, 16:0017:10

Kaartjies: R130 – R150

Atterburyteater