Liewe Gemeenskap

Ons skool, Laerskool Die Krans, met die ondersteuning van Atterbury Trust, hou ‘n gholfdag om fondse in te samel om ons skool verder uit te brei. Die fondse sal aangewend word om verbouings te doen sodat daar volgende jaar plek kan wees vir ons eerste Graad sesse en tweede Graad 4 klas.

Die gholfdag sal die vorm van ‘n “Captain’s challenge” aanneem met Fourie du Preez & Victor Matfield as die onderskeie spankapteine.

Die koste is R4 000 per vierbal en sluit in: Rondte gholf, gholfkarretjie, “halfway house” ete, “goody bag”, ‘n foto saam met Fourie du Preez of Victor Matfield en ‘n dinee die aand.

Ons sal dit opreg waardeer as u ons sal ondersteun deur enige van die volgende:

  • Borgskappe vir ‘n gaatjie sowel as die “putting green” waar ‘n besigheid wil adverteer. So ‘n borgskap beloop R6 000. Daar is dus 19 borgplekke beskikbaar.
  • Indien ‘n besigheid ‘n gaatjie borg (daar adverteer) en ook ‘n vierbal vir die dag koop, beloop die koste R8 000 (in plaas van die R4 000 vir die gaatjie en R6 000 vir die advertensie)
  • Pryse wat aan die spelers uitgedeel kan word.
  • Besighede/persone om gholfkarretjies te borg @ R500 per karretjie. Die besighede kan dan op die gholfkarretjie adverteer. Daar is 35 gholfkarretjies beskikbaar maar ons wil graag kyk of elke klas moontlik ‘n karretjie kan borg, dan gaan ons die klas se “prentjie” en naam op die karretjie aanbring
    Indien enige persoon ‘n naweekplekkie of tyddeel het wat opgeveil kan word met die dinee.
  • Wyn om op te veil tydensdie dinee.
  • Enige rariteite wat opgeveil kan word by die dinee.
  • ’n Besigheid of persoon wat bereid is om ‘6 kannetjie’ koelsakkies te borg wat as “goody bags” uitgedeel gaan word. Ons benodig 100 sakkies.
  • Enige bydrae wat aangewend kan word om van die koste vir die gholfdag te dek.

Julle bydraes en hulp sal opreg waardeer word. Ons hoop regtig dat hierdie fondsinsameling vir die skool die eerste van nog ‘n jaarlikse instelling kan word om te help met al die projekte wat nog voorlê om ons skool uit te brei.

Skakel my gerus indien enige iemand enige navrae het of besprekings wil maak, my selfoonnommer:

083 384 7461 of e-pos: [email protected]

Groete
Vonrie Jacobs