14 May, 20:00 – 21:30 

15 May, 16:00 – 17:30 

R200

In Mei 2016 is die hoogs gewilde Atterbury Teater in Pretoria vyf jaar oud en die amptelike viering van een van die gunsteling ‘tuistes’ van Suid-Afrikaanse vermaak vind op 14 en 15 Mei 2016 plaas.

Wat hierdie viering ekstra spesiaal maak, is dat die eerste keer is dat die hoogs gewilde groep Drie van die Bestes, naamlik Mathys Roets, Danie Niehaus en Kevin Leo gaan optree, met ’n splinternuwe repertoire en ’n vol orkes wat bestaan uit David Klassen, Denny Laloulette, Juan-Floors Oosthuizen, Brendan Ross en Matthys Maree.

Hierdie vertoning deur Drie van die Bestes beloof om een van die hoogtepunte op die musiekkalender hierdie jaar te wees en dit gaan ’n groot bederf in die oortreffende trap wees vir almal wat die feesvieringe bywoon!

Atterburyteater – 14 May

Atterburyteater – 15 May