Voed jou siel met die skoonheid van gedigte, almal gekies vir ons Capital Poetry Project. Die biennale mag verby wees, maar die plekmatjies is steeds in gebruik by die deelnemende restaurante. Ons deel graag vandeesweek nog drie van die pragtige gedigte wat deel van die projek was, twee van hulle deur die Griekse Nobelpryswenner George Seferis, wat gedurende the Tweede Wêreldoorlog in Suid-Afrika gestasioneer was…

 

KERK STR. OOST,
PRETORIA, TRANSVAAL

George Seferis

Jacarandas playing castanets and dancing
threw around their feet a violet snow.
The rest’s uninteresting, and that
Venusburg of bureaucracy with its twin
towers and its twin gilt clocks
profoundly torpid like a hippopotamus in blue sky.
And cars raced by showing
backs glistening like dolphins.
And the end of the street waiting for us –
strutting idly about its cage –
was the silver pheasant of China,
the Euplocamos Nychtemerus, as they call it.

And to think we set out, the heart full of shot,
saying goodbye
to Onokrotalus the Pelican –he
with the look of a trampled prime minister
in the zoological garden of Cairo.

 

Stratis Thalassinos among
the Agapanthi

George Seferis

There are no asphodels, violets, or hyacinths;
how then can you talk with the dead?
The dead know the language of flowers only;
so they keep silent
they travel and keep silent, endure and keep silent,
past the community of dreams, past the community of
dreams.

If I start to sing I’ll call out
and if I call out –
the agapanthi order silence
raising the tiny hand of a blue Arabian child
or even the footfalls of a goose in the air.

It’s painful and difficult, the living are not enough for me
first because they do not speak, and then
because I have to ask the dead
in order to go on farther.
There’s no other way: the moment I fall asleep
the companions cut the silver strings
and the flask of the winds empties.
I fill it and it empties, I fill it and it empties;
I wake
like a goldfish swimming
in the lightning’s crevices

Oor die digter: Die Griekse digter George Seferis het 10 maande in Suid-Afrika deurgebring gedurende the Tweede Wêreldoorlog as ‘n senior diplomaat verbonde aan die Griekse regering in ballingskap. Hy het in sy leeftyd en in sy pos as diplomaat baie wyd gereis, en het onder andere gewoon in Frankryk, Engeland, Albanië, Lebanon, Sirië, Italië en Egipte, terwyl hy deurentyd geskryf het. Wandelaarskap en ballingskap is saam met die Griekse ervaring sentrale temas in baie van sy werk. Hy het talle pryse ontvang, waarvan die kroon die 1963 Nobelprys vir Letterkunde was, ‘n jaar nadat hy in Athene afgetree het. Sy letterkundige nalatenskap – hy is oorlede in 1971 – is ‘n indrukwekkende versameling digkuns, essays en vertalings, onder andere van TS Eliot se werk.

Gestikte stad

Adri Breed

Hierdie stad lê op heuwels
Gedrapeer soos ‘n vlag of doilie
Sy snelweë soos linte geryg
Deur bruinblink sandstene
Gestrik, gekruis, geknoop
Karre soos blink, bont krale gesnoer
In rye en blokke
Swart, geel, groen, rooi, wit, blou
Verlepte pers –
Misgekyk soos ‘n bekende kwilt teen ‘n muur.

Voorheen in Guillotine 2 verskyn. Beskikbaar by Graffiti Boeke en Protea Boekwinkel teen R30.

Oor die digter: Adri Breed is ‘n dosent in Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus. Sy is betrokke by die ATKV-Skryfskool as fasiliteerder, en hou haar ook besig met vryskut videoproduksies en regie en skryf graag teaterstukke en draaiboeke.