30 Julie, 16:00 – 17:30

R140 – R160

Dawie de Jager het in die laaste drie maande Suid-Afrika se harte gewen (en gebreek) op MNET se realiteitsprogram The Voice. Sy groot glimlag en stem het hom vinnig een van die gunstelinge op hierdie jaar se program gemaak.

Na 15 jaar op die kant van die verhoog waar hy sy tande geslyp het as kitaar-en baskitaarspeler van onderskeidelik Klopjag en Die Tuindwergies, skuif Dawie na sy regmatige plek in die middel van die verhoog. Hy is soos die Ingelsman se, “The real deal”. Na meer as ’n miljoen kilometer op sy kerfstok op reis na optredes op amper elke denkbare verhoog en fees in Suid-Afrika begin Dawie sy nuwe hoofstuk in die Atterbury Teater op …….

Soos dit ’n musikant van sy statuur betaam word hy begelei deur van die beste musikante in die bedryf en saam met hom gaan hulle Dawie se knapsak vol liedjes (Afrikaans en Engels) uit sy eie pen een vir een uitpak soos geskenke na ’n lang reis.

Hy bring ook tussendeur hulde aan die legendes soos onder andere Leonard Cohen, Pearl Jam, Damien Rice en Cat Stevens, mense wat hom steeds inspireer om musiek te maak wat jou iets gee om huis toe te vat.

Wees deel van ’n nuwe begin vir ’n ou siel

 

30 JulieAtterburyteater