Die Dave Matthews Tribute Band sal verseker alle gehore, van die mees vurige Dave Matthews aanhanger tot die alledaagse musiekliefhebber, inspireer, verbaas en diep bevredig. Oor die laaste 10 jaar, het hierdie huldeblyk groep ’n oorvloed van musikante gehad en gespeel op talle verhoë, maar daar kan definitief gesê word dat die 2017 groep (met ’n kollektiewe ervaring van 125 jaar) by ver die mees opwindendste en dinamiese groep is wat die Tribute nog ooit verteenwoordig het.

Die huidige liedjielys bestaan uit 16 liedjies van al 8 die studio albums, wat ’n optrede tot gevolg het van nie net die radio treffers soos “Ants marching” en “Satellite” nie, maar ook ander gunstelinge gepaard met verlengde instrumentele solo’s en geimproviseerde musiek.

Met die groep wat bymekaar kom vir die eerste keer in meer as ’n jaar, word hulle geseën met nog ’n geleentheid om musiek te vier en om saam op te tree op die verhoog. Hierdie is ’n vertoning wat nie gemis kan word nie – bespreek so gou moontlik jou kaartjie om hierdie fantastiese musikale ervaring te beleef!

Atterburyteater, 2 Julie 18:0020:30. Kaartjies R180