Ek wou as klein dogtertjie ’n onderwyseres word. My poppe, sussie, niggies, nefies, ooms, tannies en ma en pa het al deurgeloop as my klas-kinders. Ek wou met my hele hart verder studeer na skool en ’n maatskaplike werker en my tannie van Engeland het dit vir my moontlik gemaak om ’n beurs te kry om te begin swot. Die beurs kon nie alles dek nie, so ek moes begin werksoek.

Ek het tydelike werkies gedoen dat die biesies bewe net om my studies en vervoerkoste te dek. Toe doen ek prakties by ’n klein kleuterskool in Danville en kom te hore van Atterbury Trust, ontmoet vir Louise en Leonie, en kry ’n beurs wat al my studie-onkostes dek. In my tweede jaar het my ouers geskei, en ek het ook uitgevind ek is swanger, maar ek het steeds met hulp van bo die dryfkrag gehad om hard te werk. En toe verloor ek my baba, en my lewe skeur uitmekaar.

Ek het gebid en en gevra vir ’n baba, want ek het geweet as ma sou ek ekstra motivering hê om my studies te voltooi. Gelukkig het ek weer swanger geraak en geboorte geskenk aan ’n pragtige seuntjie! Studeer was nie maklik nie; daar was dae wat ek in trane was omdat ek nie vervoergeld gehad het om by die universiteit te kom nie; of geen data sodat ek die internet kon gebruik nie. Deur alles het Atterbury my bygestaan en saam met my die pad gestap.

In my finale jaar het ek voorts uitgevind dat ek ’n genetiese oogsiekte het wat kan veroorsaak dat ek kan blind word. Maar, weet julle, ek is klaar met my studies en ek is ’n onderwyser en ’n mamma! Ek is so dankbaar vir my lewe, end at ek my drome en my passie kan uitleef. En dis alles te danke aan God, e naan Atterbury Trust se volgehoue ondersteuning

By |2018-06-13T16:24:30+00:0013 Junie, 2018|Alumni|0 Comments

Leave A Comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: