Ek was op skool in Pretoria in Hoërskool Garsfontein en het in matriek besef my passie is om mense te help in enige mediese beroep. Ek het kennis gemaak met optometrie as beroep toe ek vir my eerste oogtoets gaan in matriek, en het tot die besef gekom dat dit ’n beroep is waar jy vir iemand een van die belangrikste sintuie kan gee as ’n geskenk…hoe ongelooflik?

Alles het glad verloop met my aansoeke aan die Universiteit van die Vrystaat en ek het my studies begin in 2014 in Bloemfontein. Te danke aan Atterbury Trust kon ek met gemak fokus op my studies sonder om bekommerd te wees oor finansies.

In 2017 het ek my studies voltooi en het deur Spec-Savers die geleentheid gekry om in Port Elizabeth deel te neem aan hul nagraadse program, waarmee ek tans besig is. Hier leer ek meer van myself as wat ek ooit kon indink.

Ek prys die Here vir al die ongelooflike geleenthede wat oor my pad gekom het en voel waarlik geseënd om te wees waar ek vandag is.