Die dag toe ek deur die deure van Atterbury Trust gestap het vir my onderhoud, sou ek nooit kon raai dat die pad saam met julle so lewensveranderend sou wees nie; en dat ek danksy hierdie dinamiese span my diploma sou verower en nou ’n gelukkige werknemer kan wees by ’n estetiese dokter nie. Die Atterbury Trustspan het my finansieël, emosioneel, geestelik en akademies bygestaan en my deur my studiejare gedra en bygedra tot my volkome groei tot die mens wat ek vandag trots is om te wees. Al die GRO-sessies saam met my life coach was regtig besonders en ek gebruik steeds daardie riglyne om doelwitte te stel en planne te uit te voer in my werksomgewing.  Baie dankie aan elkeen wat gehelp het om die toekoms waaroor ek gedroom het, moontlik te maak.

Anoeske Els, Diploma in Somatologie (2017)