8 November, 20:00 – 21:30
9 November, 17:30 – 19:00
9 November, 20:30 – 22:00

R170 – R190

Hierdie vertoning bestaan uit ’n eerste gedeelte waarin Coenie en sy orkes (Jaconell Mouton: klawers en regisseur; David Klassen: Perkussie; Mauritz Lotz: Kitare) ’n keur uit sy werk speel, onder meer van die komposisies op sy nuutste album EMOJI. Dit sluit ook nuwe werke in wat nog nie van tevore gehoor is nie. Die tweede en grootste deel van die program bestaan uit die Karoo Suite, ’n musikale-en tekswerk deur Coenie en Deon wat by die KKNK hierdie jaar gedebuteer het. Dis eintlik die deel van die program wat hier aan bod kom.

Coenie en die orkes maak die musiek en Deon Meyer is self op die verhoog om die vertelwerk te doen; die aangrypende teks kom uit sy pen. Die Karoo Suite bestaan uit vier bewegings waarin Deon verhalende aspekte van die Karoo oproep: die mense, die landskap, die lag en die pyn.  Deon is ’n wêreldklas-fotograaf en die Suite word begelei deur sy asemrowende foto’s van die Karoo-landskap. Die laaste beweging (die Karoo Simfonie) het ’n siklus van foto’s wat afwissel tydens die uitvoer van die musiek en teks.

Die stuk is met akklamasie ontvang deur die gehore wat die Burgersentrum twee keer volgepak het (1 350 sitplekke), en het telkens ’n staande ovasie ontlok. Ilza Roggeband sluit haar resensie van die vertoning in die Krit soos volg af: Hierdie was ’n produksie wat die hart geraak het. ’n Mede-feesganger het selfs oorgeleun na my en vir ’n snesie gevra. Talentvolle kunstenaars, ’n professionele produksie, die Karoo. ’n Belewenis.

8 November, 20:00 – 21:30 Atterburyteater
9 November, 17:30 – 19:00 
Atterburyteater
9 November, 20:30 – 22:00
 Atterburyteater