4 Maart 2018, 18:00 – 19:30

R180 – R240

Die Charl du Plessis Trio is terug nadat hulle ’n gesogte SAMA toekenning gewen het vir Baroqueswing Vol.2. nou met die laaste in die Baroqueswing reeks nl. Baroqueswing Vol. 3. Hierdie unieke musikale reis bestaan uit treffers van Bach en Vivaldi aan die eenkant en aan die ander kant Jazz komposisies van Chick Corea en Duke Ellington, saamgevat op n CD en DVD.

Kom woon die bekendstelling van hierdie Claves Plate produk by met Charl du Plessis (bekroonde Steinway pianis), Werner Spies (baskitaar) en Peter Auret  (dromme) op 4 Maart by die Atterbury teater.

4 Maart 2018, 18:00 – 19:30 Atterburyteater