19 April 2018, 20:00 – 22:00

R150 – R180

Bottomless Coffee Band stel hulle nuwe album bekend! Met ’n verskeidenheid instrumente, storievertellings en energieke, inspirerende optrede herinner die duo aan die legendes van ouds en het hulle vinnig gehoor gunstelinge geword.

Sedert die bekendstelling van hulle eerste album het Lourens en Esté Rabé breedvoerig getoer deur Suid-Afrika, Namibië, Europa en die VK. Hierdie toer-ervaringe was ook die inspirasie vir die musiek op die nuutste bekendstelling.

Vergesel die Kaap-gebaseerde paartjie op ’n reis deur hulle nuwe musiek!

19 April 2018, 20:00 – 22:00 Atterburyteater