23 Januarie 2018, 20:00 – 21:30

R140 – R160

Jannie du Toit sing Jacques Brel se tydlose, beeldryke tekste in Afrikaans, Frans, Engels en Nederlands met begeleiding deur klavier, tjello en akkordeon.  Brel se geniale beeldende skryfwerk kom hier na vore – ’n getuigskrif vir die ongeëwenaarde seggingskrag van die grootste chansonnier van die 20ste eeu.  Bekende treffers asook meer onbekende, ewe briljante werk is ingesluit terwyl daar ook met bindingsteks verbande gelê tussen liedere en gedigte gelê word.

Jannie is dekades reeds ’n hoog aangeskrewe Brel-vertolker en ’n standhoudende eksponent van uitnemendheid in liedkuns. Sy eerste Brelvertolkings sing hy in 1988 in Van Berlyn tot Bapsfontein saam met Laurika Rauch waarna hy Brel gereeld by sy programme insluit.  Twee Nederlandse Brel-liedere – Madeleine en Liefde van later – vestig hom vroeg in die negentigerjare as Brel-vertolker, maar sy latere Franse weergawes van La Valse en Il Neige sur Liège kry ook hoë lof van kenners.  

23 Januarie 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater