27 Maart, 20:00 – 22:00

R150

Blomtrein stel in September 2016 hul debuut album bekend. Die album bestaan uit 10 akoestiese rock snitte, alles oorspronklike musiek en lirieke deur Jan Blohm en Neil Nachtrein. Dit is eg Jan Blohm styl, maar ook uniek en besonders met die toevoeging van Neil Nachtrein. Die album is opgeneem te Manley Studios in Pretoria.

Jan Blohm is geen onbekende in die Suid Afrikaanse musiekbedryf nie. In 2002 het sy musiek begin aftrek kry en in 2004 het sy debuutalbum “Melkstraat Confessions” verskyn. Sedertdien het Jan verskeie albums die lig laat sien wat groot treffers opgelewer het. Jan het verskeie toekennings vir sy werk ontvang, soos in 2005 drie GMT-Toekennings vir ‘Album van die Jaar’, ‘Liedjie van die Jaar’ vir Breyten se brief en ‘Beste Nuweling’ van dieselfde jaar aangewys, asook verskeie Huisgenoot Tempo Toekennings en SAMA Toekennings.

Jan Blohm is spitsvondig en selfs satiries, met komiese stekies wat mildelik uitgedeel word.

Neil Nachtrein is ’n musiekdiamant van Fouriesburg in die Oos-Vrystaat. Neil het ’n eiesoortige, unieke musiekstyl, eenkant van die hoofstroommusiek en droom hy oor meer geleenthede waar juis sy musiek sal inpas en waardeer word.

Dit is onvermydelik dat Jan Blohm en Neil Nachtrein ’n ideale kombinasie is. Hulle tree reeds sedert 2015 saam op en het reeds tientalle gehore regoor die land bekoor. Ongetwyfeld twee kunstenaars wat inspirasie ontlok.

“…this train is bound for glory…” – Woody Guthrie

Atterburyteater