4 Maart, 20:00 – 22:00

R160 – R180

Klassieke styl, sjarme in oorvloed, ‘n tikkie humor, en hemelse stemme – so ken ons die gewilde Jannie en Corlea. Na die sukses van hulle eerste toer en album, Alle Paaie lei Na Rome, is die gewilde solo kunstenaars terug met ‘n nuwe projek op publieke aanvraag! Van die “crooning” vyftigs, die opwindinde tagtigs en selfs die nuutste treffers, bied hierdie twee kunstenaars iets van alles! Met die mooiste melodiëe, meesleurende lirieke gevul met nostalgie en verwerkings wat jou hoendervleis sal gee, sal elke liewe lied die gehoor herinner hoe dit voel om verlief te wees!

Jannie se unieke stories gaan gepaard met sy gevoelvolle vertolkings van liede bekend gemaak deur o.a. Engelbert Humperdink en Michael Bublé. Sy repertoire van getoonsette gedigte deur Antjie Krog en N.P. van Wyk Louw is volksbesit wat hartsnare roer! Corlea se vinnige kwinkslae en uitbundige lag is aansteeklik. Sy beweeg met gemak tussen genres, en neem die gehoor saam op die reis van emosies van haar vertolkings. Gehore kan uitsien na liede deur onder andere Barbra Streisand, Edith Piaff en vele meer!

“The most beautiful love songs” is ‘n Moet vir die romantikus van elke ouderdom!

Atterburyteater