2 Maart 2018, 20:00 – 22:00

R140 – R160

Die “Bats” is nog steeds trots Suid Afrikaans, uitstekende musikante, vol grappies, en sorg weereens vir ’n aand van heerlike vermaak op 2 Maart. Wees verseker “ That Old Bat Magic” neem ons op n taxi rit van die Kaap na die Townships, van die sestigs tot nou, sonder stoppe, met groot gelag en  vele onverwagte draaie, ’n rit wat jy nooit sal vergeet nie.

Die Bats nl. Eddie Eckstein, Paul Ditchfield, Pete Clifford en Derek Gordon is nog padwaardig en vol energie! Hulle is een van die groepe wat reeds die langste in Suid Afrika optree en hulle is weer terug “Rocking and Laughing the night away” met hulle onvergeetlike musiek en skreeusnaakse humor wat jou al jou probleme sal laat vergeet, soos Zuma, Julius en die Guptas en jou sal laat lag en ontspan.

2 Maart 2018, 20:00 – 22:00 Atterburyteater