23 Oktober, 18:30 – 22:30
27 Oktober, 19:00 – 22:30

R100 – R140 (Toegang vir die openingseremonie en die aanvanklike 3 rondtes is gratis.)

’n Geselekteerde groep van Suid-Afrika se mees belowende jong pianiste neem vanjaar weer deel aan die 7de Atterbury Nasionale Klavierkompetisie, wat plaasvind vanaf 23 tot 27 Oktober in die Atterbury Teater in Pretoria. Hierdie kompetisie is die enigste kompetisie in Suid – Afrika wat op ’n jaarlikse basis aangebied word vir (slegs) pianiste 19 jaar en jonger. Die lys van vanjaar se kandidate sluit wenners en finaliste van verskeie nasionale musiekkompetisies in. Daar was vanjaar meer inskrywings as enige vorige jaar, en ’n totaal van 46 kandidate is gekeur.

Die amptelike opening vind plaas Maandag 23 Oktober om 18h30. Tydens hierdie geleentheid sal Swunhtat Oo, die algehele wenner van 2016, ’n kort program lewer. Die wenners van die 4de Stefans Grové Nasionale Komposisie Kompetisie word daarna aangekondig, en die werk van die wenner sal voorgedra word. Laastens word die deelnemers van 2017 op die verhoog aan die gehoor voorgestel.

Die kompetisie bestaan uit vier rondtes. Alle kandidate neem deel aan die eerste 2 rondtes Dinsdag 24 en Woensdag 25 Oktober vanaf 08h00 tot 18h00. Hierna word 18 semi- finaliste aangekondig wat deurdring na die 3de rondte, wat plaasvind Donderdag vanaf 13h00 tot 18h00. Na voltooing van hierdie rondte word die 9 finaliste uit die 3 ouderdoms kategorieë aangekondig. Die kompetisie eindig met die gala geleentheid Vrydagaand 27 Oktober om 19h00. Die beoordelaars van vanjaar se kompetisie is Prof Malcolm Nay, Mnr John Roos, Prof Joseph Stanford en Bernarda Vorster. Die Atterbuiry Trust is die hoofborg van die kompetisie, maar verskeie ander borge dra daartoe by dat die kompetisie suksesvol bly voortbestaan.

Alle rondtes is oop vir die publiek. Toegang vir die openingseremonie en die aanvanklike 3 rondtes is gratis. Kaartjies vir die finale rondte op Vrydag 27 Oktober is by Computicket beskikbaar.

23 Oktober, 18:30 – 22:30 Atterburyteater
27 Oktober, 19:00 – 22:30
 Atterburyteater