9 Junie, 20:00 – 21:30

R180 – R200

Platinum kunstenaar en liedjieskrywer Arno Carstens het al 13 albums vrygestel; 5 as hoofsanger van ‘Springbok Nude Girls’, 6 as solo-kunstenaar, 1 as deel van ’n Elektronika projek ‘Bhelltower’ en in 2016 sy eerste Afrikaans solo album ‘Die Aandblom 13’, ’n alternatiewe meesterstuk.

Arno Carstens spog met meer as 20 Top 10 treffers en 5 SAMA toekennings insluitende ‘Best Rock Album’ in 2004 vir ‘Another Universe’ en ‘Best Adult Contemporary Album’ in 2006 vir ‘The Hello Goodbye Boys’.

Arno Carstens is ook ’n meester as dit kom by skilderkuns. Sy 2014 vrystelling van ‘Lightning Prevails’ se album-omslag was een van sy oorspronklike skilderwerke wat hy vir sy 2006 kuns uitstalling geverf het.

Arno se optredes bestaan uit treffers van sy Springbok Nude Girl dae asook sy geliefde treffers as ’n platinum solo-kunstenaar. Die nuutste toevoeging tot sy shows is werke van sy bekroonde eerste Afrikaanse album ‘Die Aandblom 13’. Arno wen ook ’n Bok Radio toekenning vir Liedjie van die jaar 2016 met sy treffer ‘Ontwaak’,  die video is ook al meer as 100 000 keer gekyk op Youtube. ‘Die Aandblom 13’ beoog om met talle toekennings weg te stap in 2017.

Atterburyteater