28 Oktober, 20:00 – 21:30

R150 – R170

Kom geniet musiekhoogtepunte met ’n verskeidenheid so reg in Anna se styl; ’n Program saamgestel uit gunsteling songs van haar repertoire, soos ‘Die gypsy in jou oë’, asook musiek van haar nuutste album ‘Moment’. Daar is iets vir elke smaak – ʼn paar smeulende Latino ritmes, Swingende bossa nova’s en dan natuurlik ’n paar oorspronklike heuning-ballades vir die diep siele! Vanjaar is ook musieklegende Ella Fitzgerald se 100ste verjaardag, so Davel sing ʼn paar van haar grootste treffers; o.a. ‘I’ve got Rhythm’ en ‘They can’t take that away from me’. Swing musiek van die vorige eeu (Frank Sinatra, Nat King Cole, Nina Simone) word afgewissel met oorspronklike Afrikaanse musiek uit haar eie pen. Saam met haar op die verhoog is fenomenale Amerikaanse pianis en musiekregisseur John Fresk.

Haar eerste album is vrygestel in 2000, en meer as ʼn 17 jaar later sing sy nog steeds die land aan die brand. Die afgelope 16 jaar was daar 9 album-vrystellings asook ʼn DVD. Anna het, buiten haar 4 oorspronklik albums, ook 2 Engelse jazz albums (Linger en Linger Longer), ʼn Afrikaanse Jazz album (Blues & Susters met Ollie Viljoen) en ʼn kinderalbum (In die land van Kammalielie) vrygestel, en deur haar loopbaan was daar heelwat hoogtepunte; verskeie samewerkings, nominasies, toekennings en verhoogproduksies o.a.; 4 x SAMA nominasies en ʼn SAMA toekenning vir Beste Afrikaanse kontemporêre album 2006, ʼn Huisgenoot Tempo ‘kopskuif’ toekenning vir ‘Blues&Susters’  asook ʼn Ghoema en Tempo nominasie vir haar kinderalbum ‘In die land van Kammalielie’. Haar produksie Landskap was die wenner van ʼn Woordtrofee tydens die Woordfees 2107.

28 Oktober, 20:00 – 21:30 Atterburyteater