Jazz Up!  is ‘n vertoning saamgestel uit splinternuwe jazz verwerkings  van Anna se gunsteling musiek van die vorige eeu. Sy het liedjies gekies wat oor alle grense heen beweeg en sing jazz musiek van oor die wêreld; Swing Standards, Latino ritmes, ‘n tint van Blues en nuwe jazz verwerkings van ‘n paar onverwagse bekendes. Liedjies waarna die gehoor kan uitsien is o.a. A Nightingale sang in Berkeley square,The way you look tonight, At last, How sweet it is to be loved by you, Gypsy in my soul, Feeling good,  Cheek to cheek en I can cook too.

Haar vorige 2 Jazz albums “Linger” en “Linger Longer” is met groot sukses ontvang en “Linger Longer” word beloon met ‘n SAMA benoeming as een van slegs vyf CD’s vir Beste Jazz Album van die jaar saam met internasionaal erkende kunstenaars soos Tutu Puaono. Hierdie CD vestig Anna as ʼn ‘Jazz crooner of note’, in ‘n styl wat haar na aan die hart lê.

Saam met haar op die verhoog is Luke van der Merwe (kitaar) en Matthys Maree (Klavier). Die trio musikante beloof om te sorg vir ‘n hoogs vermaaklike aand; stem, saxofoon en klavier is presies wat nodig is om hierdie program ‘n onvergeetlike reis te maak.

16 Januarie 16, 20:0021:15

Kaartjies:  R120

Atterburyteater