17 Februarie, 19:00 – 21:00

R200

Singsasioneel is ’n sanggroep wat bestaan uit 5 dames, wat ’n verskeidenheid van musiek sing van lig tot acapella tot rock. Elrika, Erica, Marissa, Barbara & Stephanie is almal ma’s en beroepsvrouens en voeg ’n element van pret by hul optredes deur hul humoristiese liedere. Singsasioneel bestaan al 4 jaar en het hul eerste CD opgeneem in 2016. Ruhan en Deon het besluit om Touch of Class in ’n nuwe rigting te stuur deur die hoofsaaklike “tong in die kies” liedjies te verander na ’n meer kontemporêre klank waar ’n liriek met ’n dieper betekenis met die hart kan praat. Ons streef nog steeds na veelsydigheid en besit ’n energieke vermaaklikheidsfaktor met Deon wat vanaf die elektriese kitaar tot die mandolien sy instrumetele vernuf wys. Ruhan se veelsydige stem wat oor meer as 3 oktawe strek en van klassiek tot “Classic Rock” kan sing help om aanklank te vind by meeste gehore.

Atterburyteater