3 Junie 2018, 17:00 – 18:30

R180 – R200

“Amanda Strydom – Stadig oor die klippers” het by vanjaar se KKNK gedebuteer voor vol sale en entoesiastiese gehore. Die liefde,die lewe, die menslike kondisie, die dood, die blou planeet, die mens in nood, die uitgeworpenes, die “freaks”. Kortom, Strydom dek ‘n wye spektrum emosies – van die skreeusnaakse tot die tragiese, oor berge en deur dale en stadig oor die klippers. Die musiek sluit in van haar eie liedjies, asook Johannes Kerkorrel, Sting, Edith Piaf en Marlene Dietrich. Coenraad Rall is musikale regisseur, verwerker en pianis.

3 Junie 2018, 17:00 – 18:30 Atterburyteater