7 September, 20:00 – 21:30

R160 – R180

“So onner deur die maan “het vanjaar by die KKNK gedebuteer voor uitverkoopte sale.

In hierdie produksie weef sy van die minder bekende liedjies van haar albums Kerse teen die Donker, Verspreide Donderbuie, Hotel Royale, Vrou by die Spieël en Op ’n Klein Blou Ghoen met poësie en stories. In tipiese Strydom tradisie, voeg sy ook ’n skeut Brel en ’n paar verrassings by vir soet en minder soet nostalgie so onner deur die maan.

Strydom sny soms diep met hierdie produksie en sing oor sosiale kwessies wat die mens en die planeet raak. Ilza Roggeband skryf in haar resensie: “Miss Mandy kan ‘n boodskap oordra. Sy weet hoe om met woorde, haar eie en dié van ander skrywers,om te gaan. Sy kan met musiek werklik met jou praat sonder dat dit ooit voel dat sy preek. Elke liewe woord is hoorbaar, elke liewe woord het betekenis. Sy is nou maar net eenvoudig in ’n klas van haar eie en ek begin al klaar paniekerig raak. Waar sal ons volgende Miss Mandy vandaan kom?“

Strydom is op 8 Julie vanjaar deur die Innibosfees vereer vir haar lewenslange bydrae to Musiek in Afrikaans en van 10 – 15 Julie het sy en haar pianis,Coenraad Rall,drie konserte in die La Creuzette kasteel in Boussac,Frankryk , gegee as deel van die Bastilleweek vieringe.

“So onner deur die maan “ is ook te sien by die Aardklopfees van 4-7 Oktober in die Kyknet Konservatorium.

 

7 September, 20:00 – 21:30 Atterburyteater