1 Junie, 20:00 – 21:30

R160 – R180

Amanda Strydom kombineer in hierdie konsert liedjies uit haar trefferproduksies “Die hele boksemdaais “ ( wenner van die 2016 Fiëstaprys vir beste musiekgedrewe produksie) , “ ‘n Rugsak vol robyne” (genomineer vir die Fiëstaprys vir beste musiekgedrewe produksie)  en  die splinternuwe “So onner deur die maan” wat vanjaar by die KKNK gedebuteer het. Soos altyd is daar ‘n reënboog van emosies, wat wissel van lekker lag tot lekker huil. Sy sing in Afrikaans,Engels,Frans en Nederlands. Strydom word begelei deur die briljante Coenraad Rall.

Atterburyteater