26 April, 20:00 – 21:10 

R150

Albert Frost se eerste vollengte studio album “The Wake Up” sal op 26 April by die Atterbury Teater vrygestel word.

Die trio vertoon ook die talente van die baskitaarspeler Schalk Joubert en tromslaner Jonno Sweetman.

Terwyl die musiek eg is aan Frost se blues- en rock-wortels, verken hierdie album verskillende style en terrein.

“Ek het dit reggekry om 20 jaar se ondervinding in ’n diverse produk saam te vat. Dit is vir my baie opwindend – ’n wekroep tot nuwe musikale moontlikhede.

Atterburyteater