17 September, 17:00 – 19:00

R190 – R230

Die Acustica Symphonic Wind Orchestra gaan ’n fantastiese seleksie van die mees onvergeetlike film en TV temas uitvoer, vanaf die sestigerjare tot die nuwe millennium. ’n Heerlike kombinasie van pret en dramatiese en meesleurende melodieë gaan sorg vir ’n onvergeetlike ervaring.

Die spesiale gaskunstenaar, Kevin Leo, die geliefde tenoor met die fluweel stem, gaan die gehoor, met sy perfekte weergawe van kunstenaars soos Sinatra en Bocelli se tydlose musiek, terugvoer na die dae van groot orkeste wat vandag selde gehoor word.

Kevin gaan ook sy splinternuwe CD bekendstel om sy lojale gehore te bedank vir sy 21 jaar in die musiekbedryf se ondersteuning. Moenie hierdie spesiale konsert misloop nie. Dis bitter selde dan ons so ’n groot professionele orkes op die verhoog kan aanbied.

 

17 September, 17:00 – 19:00 Atterburyteater