5 Julie, 18:3023:00 

6 Julie, 18:3023:00 

R150

Act Studios is die grootste drama studio in Suid-Afrika in privaatbesit en het besluit om hul eie Kinderteater Afdeling te begin.

Volgens die hoof van die Studio, Deborah Nel, is dit haar droom wat uiteindelik bewaarheid word vandat sy self as kind betrokke was in die Pretoria Kinderteater.

“Ek het altyd ’n rol gehad in die vertonings wat elke jaar vervaardig is. Dit was vir my baie opwindend om deel van ’n professionele produksie te wees en dit was ’n hoogtepunt van my kinderjare. Ek wou dieselfde ervaring vir die kinders wat aan drama by ons deelneem skep, dus het ons Act Studios Productions gestig. Ons sal ons eerste professionele produksie hierdie jaar aanbied. “

Die produksie genaamd “Miranda and the Magic Sponge” is ’n verruklike ondersee avontuur wat geskryf deur die Durban toneelskrywer, Pieter Scholtz. Dit het ’n heldin wat die onderseewêreld van katastrofe red. Dit is vol interessante karakters insluitende twee skurke wat sorg vir tonne opwinding.

Die kinders wat aan die produksie deelneem is tussen 9 en 13 jaar oud en kom van verskeie agtergronde, baie verskillende kulture en 10 verskillende skole in Pretoria.

Daar is twee aandvertonings en een liefdadigheidsvertoning wat op die middag van 6 Julie plaasvind. Hierdie vertoning sal oop wees vir kinder- en outehuise. Om kaartjies te bespreek of om meer uit te vind skakel 074 110 0145 of stuur ‘n e-pos aan [email protected]

24 June – Atterburyteater

1 July – Atterburyteater