12 Desember, 20:00 – 21:30

R150 – R170

Drie Afrikaanse komediante uit drie generasies… saam op een verhoog! Die eerste 3-in-1 vertoning was by die Atterburyteater in Mei 2016. Daarna het Casper, Schalk en Hannes ’n nuwe vertoning geskep wat gehore vanjaar laat skaterlag het by die KKNK, Vrystaat Kunstefees, Silverstar Casino en Aardklop. Casper de Vries is reeds drie dekades bedrywig in Afrikaanse komedie op die verhoog en TV. Schalk Bezuidenhout is een van Suid-Afrika se topkomediante en blink ook uit as akteur en TV-aanbieder. Hannes Brümmer is ’n akteur en komediant en is veral bekend vir sy energieke optredes en improvisasie. Teatergangers kan uitsien na ’n nuwe manier van stand-up en histeriese improvisasie met al drie komediante saam op een verhoog. Geen show is dieselfde nie… Bespreek gou, want 3-in-1 gaan vinniger uitverkoop as pannekoek op ’n kerkbasaar!

12 Desember, 20:00 – 21:30 Atterburyteater