Dis so amper-amper ‘n jaar sedert GROOTfm die radiogolwe op 90.5 FM in Pretoria getref het en dadelik begin golwe maak het.

In die eerste jaar van bestaan het Pretoria se nuutste kommersiële Afrikaanse radiostasie al reeds sewe MTN Radio Awards nominasies verdien. GROOTfm het sterk gemeenskapswaardes; met Atterbury Trust as die alleenbegunstigde en alle winste wat gemaak word, word gevolglik teruggeploeg in behoeftige gemeenskappe in en rondom Pretoria.

Louis van der Watt, Steve Hofmeyer en Hardus Zevenster

Louis van der Watt, Steve Hofmeyer en Hardus Zevenster

GROOTfm 90.5 spreek tot die hart en siel van Afrikaners, is gebou op diep Christelike waardes en die uitgangspunt om prakties in die gemeenskap betrokke te wees met projekte wat die Afrikaanssprekende gemeenskap na aan die hart lê. Luisteraars het die afgelope jaar gewoond geraak aan inspirerende stories, vermaak, aktuele sake en net die beste Afrikaanse en internasionale musiek. Die stemme van mense soos Lindie van Eeden, die sportghoeroe Hennie Koortzen, akteur Hykie Bergh en Reeva Schoeman bekoor ook meer as net die luisteraars, want skaars vyf maande na die stasie afgeskop het, het GROOTfm in April reeds twee MTN toekennings opgeraap! Een daarvan was die gesogte “My Station” toekenning vir die mees lojale luisteraars; omtrent ‘n pluimpie vir ‘n splinternuwe stasie!

En dis nie al nie – in ‘n jaar wat die MTN Awards ‘n rekordgetal inskrywings gehad het – meer as 1 600 nominasies – is GROOTfm in meer kategorieë genomineer as gevestigde nasionale stasies soos RSG en Radio Kansel. En gemeet teen soortgelyke gemeenskapstasies soos Radio Pretoria en Bosveld Stereo, wat geen nominasies gekry het nie, wil mens ‘n blink toekoms voorspel vir GROOTfm.

Skakel gerus in, vertel vir almal!

Potensiële adverteerders kan gerus vir [email protected] kontak.