… reik jou hande uit en help ‘n ander met minder as jy, gaan maak iemand bly want dan sal jy altyd saam kan sing as die musiek begin speel en dans in die Somer se reën…” Karen Zoid

Deur Versnit wil ons graag ‘n bedrae lewer tot die uitbou van die taal deur geleenthede vir Afrikaanse kunstenaars te skep om ons taal lewenskragtig te hou in jare wat kom. Versnit is nou ‘n deel van die Suid-Afrikaanse kultuurkalender en ons wens is dat baie mense in die jare wat kom deur Versnit die geleentheid sal kry om talentvolle Afrikaanse kunstenaars te ontdek en verder te ondersteun.

Versnit is vanjaar vir die derde keer aangebied en, soos goeie rooiwyn, raak dit elke jaar beter. Laurika Rauch, Stef Bos, Elvis Blue, Karen Zoid, Corlea, Koos van der Merwe en Carel Chapman was vanjaar op die verhoog. Die orkes het bestaan uit Matthys Maree, Brendan Ross, David Klassen, Juan Oosthuizen en Mauritz Lotz. Ons het vanjaar by monde van Karen Zoid ‘n beroep gedoen op die gaste by Versnit om donasies aan die Atterbury Trust te maak.

Die donasies van vanjaar se Versnit word aangewend om addisionele Atterbury Trust beurse toe te staan. Indien u enige verdere donasies aan die Atterbury Trust wil maak, gebruik asseblief die volgende bankbesonderhede:

Atterbury Trust
Nedbank: 1497004187 | Takkode: 149745
‘n Artikel 18 A-sertifikaat sal aan skenkers uitgereik word