25 Januarie 2018, 20:00 – 21:30

R150 – R170

Kom groet die eerste maand van 2018 met ’n aand vol lag en histeriese komedie, met drie Afrikaanse komediante uit drie generasies… saam op een verhoog! Die eerste 3-in-1 vertoning was by die Atterburyteater in Mei 2016. Daarna het Casper, Schalk en Hannes ’n nuwe vertoning geskep wat gehore in 2017 laat skaterlag het by die KKNK, Vrystaat Kunstefees, Silverstar Casino en Aardklop. Casper de Vries is reeds drie dekades bedrywig in Afrikaanse komedie op die verhoog en TV.

Schalk Bezuidenhout is een van Suid-Afrika se topkomediante en blink ook uit as akteur en TV-aanbieder. Hannes Brümmer is ’n akteur en komediant en is veral bekend vir sy energieke optredes en improvisasie. Teatergangers kan uitsien na ’n nuwe manier van stand-up en histeriese improvisasie met al drie komediante saam op een verhoog. Geen show is dieselfde nie… As jy hulle terugkeer tot die Atterbury in Desember 2017 misgeloop het, is hierdie jou kans om 3-in-1 te beleef. Bespreek gou, want 3-in-1 gaan vinniger uitverkoop as pannekoek op ’n kerkbasaar!

Kunstenaars: Casper de Vries, Schalk Bezuidenhout en Hannes Brümmer

25 Januarie 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater