1. Hoe het jy betrokke geraak by die Atterbury Trust?
Ek is deel van ‘n pro-bono groep – Triomf – wat ‘n mediese kliniek vir behoeftiges op die been gebring het, met die hulp van die Atterbury Trust. Daar was baie raakpunte in ons gemeenskaplike visie vir die projek en die loods van die projek het vinnig uitgerol nadat ons besluit het om saam te werk daaraan

2. Kortliks, wat is jou huislike opset en wat doen jy graag in jou vrye tyd?
Ek woon in Mount Edgecombe in KZN met my vrou Ida, wat ‘n binnenshuise ontwerper is, en twee Scotties. Ek kweek orgideë en reis baie; en ek is ‘n kranige amateurfotograaf wat graag foto’s neem van ons reise deur die wêreld. Maar een van my gunsteling stokperdjies is my werk in die veld van opleiding. Ek het die Suid-Afrikaanse vereniging van dermatologiese chirurgie in 2007 geskep – dit behels die opleiding van kollegas in die veld van lasers, velchirurgie en velprosedures. Dit het ontwikkel in ‘n internasionale beweging, wat ek en Dr Michael Gold (www.thedasil.org) begin het en ek is vanjaar verkies as president.

3. Waar het jy grootgeword en skoolgegaan?

In die Goue Driehoek! Grootgeword in Pretoria-Oos, matriek gemaak by Affies en geswot by Tukkies.

4. Voltooi die sin: Ek weet ek is’n Afrikaner, want…
Dis in my bloed!

5. Hoe lyk jou ideale Sondagmiddagete?
Skaapboud!

6. Wat is jou gunsteling vakansie-herinnering?
Die Griekse eilande. Griekse kos is ons gunsteling, die landskap is so ongelooflik mooi; en die eenvoudige leefstyl op die eilande is iets om na te streef.

7. Noem drie bekendes, huidig of uit die geskiedenis, wat jy graag sal wil nooi om ‘n bord boerekos met jou te geniet?
Generaal Jannie  Smuts – die Mandela van sy era… of dalk was Madiba die Jannie Smuts van sy era?

Mahatma Gandhi, want hy was so ‘n ikoniese mens.

Karlien van Jaarsveld, want ek hoop dat sy sal sing!

8. Watter tegnologiese uitvinding wens jy wil in jou leeftyd gebeur?
Genetika-tegnologie, want dit sal die einde van kanker beteken.

9. Watter historiese gebeurtenis het ‘n blywende impak op jou gehad?
Die terroriste-aanval in Mumbai in 2008. Ons was in die middel daarvan…

10. Terug by die Atterbury Trust en die Triomfkliniek. Watter koerantopskrif oor die kliniek sou jy graag wou sien?
“Triomf: Meer Klinieke Kom!”

  •  Die Triomfkliniek hou weer op Vrydag 30 Oktober ‘n velkanker-kliniek met die hulp van Cansa, waar pasiente met velkwale gratis ondersoek sal word. Plek is beperk, so skakel die kliniek om ‘n afspraak te maak: 012 3277818

[gdlr_divider type=”solid” size=”100%” ]

skin centre